Herinneringe
Die Atterbury Trust het klein begin – net ses beurse is in 1999 toegestaan
Ons onthou elkeen van die eerste groep studente nog duidelik – Carmen, ‘n ambisieuse donkerkop wat by Hoërskool Pretoria-Wes gematrikuleer het. Geld was min en sy het van skooldae af naweke en saans by Medicross sowel as by Price Forbes gewerk. Carmen het haar BCom Rek-graad Cum Laude behaal, STR gedoen en ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester geword. Sy het by Deloitte uitgeblink, in Los Angeles gaan werk vir ‘n ruk en is later as senior konsultant in die forensiese afdeling aangestel. Vandag is sy die trotse ma van twee kinders en gee sy klas vir nagraadse STR studente by Unisa – ’n talentvolle, selfversekerde vrou.
Nog ‘n GR van die klas van 1999, Jacomien, ‘n kranige rooikop netbalspeelster van Hoërskool FH Odendaal, het ook gevorder tot assosiaat by Logista Ouditeure en ook in Boston gewerk. Sy is tans in ‘n senior finansiële pos by die Council on Higher Education en ook ma van ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie.
Christine het vanaf haar tweede jaar sonder ‘n pa grootgeword, was op Hoërskool CR Swart al ’n akademiese uitblinker en lid van die Junior Stadsraad in Pretoria. Na sy haar BA (Hons) in Kriminologie met lof geslaag het sy het vir ‘n tyd in Atterbury se statutêre afdeling gewerk, waarna sy na Adams & Adams toe is.
Riana van der Merwe was ‘n skugter koponderstebo leerling van Hoërskool Elandspoort in Danville. Sy moes op skool by die poskantoor gewerk het vir sakgeld, aangesien daar nie genoeg geld in hulle huishouding was nie. Nadat sy haar BHuishoudkunde Verbruikerswetenskappe by Tukkies in vier jaar voltooi het, kon sy die wêreld vierkantig in die oë kyk.
Ons eerste twee manne was beide Vrystaters – Leslie was op Hoërskool Wilgerivier in Frankfort. Hy het ook sonder ‘n pa grootgeword, maar het reeds op skool op akademies, in sport en redenaar uitgeblink. Leslie het sy BSc Rekenaarwetenskapgraad Cum Laude by die destydse Potchefstroomse universiteit behaal. Stefaans was ‘n plaaskind van Zastron – hoofseun van sy skool en koshuis en ‘n provinsiale rugbyspeler. Dinge het nie so geloop op die plaas nie en geld vir studeer was daar nie. Hy het sy Rekenaar- en Elektroniese Ingenieurswesegraad op die Puk voltooi en werk tans vir Innovative Automation Inc in Kanada.
En so het die jare aangestap… meer as 600 studente het reeds Atterbury Trust beurse ontvang. Daar begin weer 70 nuwe beurse toegestaan vir 2018. Daar loop ‘n goue draad deur die afgelope 19 jaar – ons het soveel behoeftige kinders gesien wat daardie één geleentheid aangryp en dit het hulle lewens en dié van mense naby aan hulle onherroeplik ten goede verander.
Studentestories
Atterbury Trust pak vanjaar sy 26ste jaar aan van studiehulp vir verdienstelike Afrikaanse studente. [...]
Met tien of 20 studente was dit destyds maklik om die Atterbury Trust se [...]
Wanneer Atterbury Trust se beursstudente graad vang, is die hele Trust-familie saam opgewonde. Tanicha [...]
Atterbury Trust se 25ste verjaardagviering by Atterbury Teater was ’n wonderlike geleentheid om terug te [...]
Kultuur, gemeenskap en studente is drie van Atterbury Trust se passies. Die Trust het nou [...]
Die akademiese jaar het pas begin en Atterbury Trust het ’n splinternuwe groep beursstudente [...]
Die sperdatum om aansoek te doen by Atterbury Trust se beursleningprogram wat oor die [...]
Atterbury Trust se oud-beursstudente weet eerstehands watter verskil dit maak as ’n hand van [...]
Vir enige gesin is dit styf gordel vasmaak om één kind universiteit toe te [...]
Atterbury Trust se beursprogram het oor die jare meer as 700 studente se lewens verander [...]
Johannesburger Nikita Steyn het al op jong ouderdom besluit sy wil eendag met kinders [...]
Vandat sy ’n meisietjie was, het Martel Myburgh graag “mooigemaak”, maar dis eers toe [...]