Atterbury Trust Rentevrye studiebeurslenings2023-07-06T09:51:11+02:00

Atterbury Trust
Rentevrye studiebeurslenings

Ons studente is ons trots; ons belê al vir meer as 25 jaar in die volgende generasie en dit is verblydend om ’n bydrae te lewer en te sien hoe ons alumni-groep groei en toekomstige leiers oplewer. Bykans 798 jong uitblinkers het reeds met Atterbury Trust se ondersteuning die geleentheid gekry om verder te studeer en in 2023 is daar ongeveer 100 studente in die beursprogram. Die aantal aansoeke het in die afgelope paar jaar meer as verdriedubbel en die behoefte is altyd groter as die begroting. Ons eer met dankbaarheid die eksterne donateurs wat in die afgelope paar jaar bydraes gemaak het wat ’n paar addisionele beurslenings moontlik gemaak het.

Dit gaan egter nie net oor geldelike hulp nie. Mentorskap is vir Atterbury Trust belangrik en daarom word verhoudings met ons beursstudente gebou deur middel van gereelde mentorsessies. Ons hou jaarliks beursfunksies in Pretoria, Stellenbosch, Potchefstroom en Bloemfontein en vind dat die informele skakeling beslis die bande met ons studente versterk.

Die kortlys vir Atterbury Trust beursleningaansoeke vir 2024 word in Oktober 2023 gefinaliseer.

Die volgende kriteria vir beursaansoeke word oorweeg:

  1. Afrikaans as moedertaal
  2. Finansiële behoeftigheid: Bewyse van salarisse/huishoudelike inkomste is ‘n vereiste.
  3. Veelsydigheid, dryfkrag en leierskap.
  4. NSFAS aansoek. Om in aanmerking te kom moet ‘n aansoek ook by NSFAS ingedien wees – NSFAS webtuiste

*Indien jy by ‘n privaat instansie gaan studeer moet jy ook bewys lewer van jou aansoek vir ‘n ander beurs of lening.

Vir enige beurslening navrae kontak: [email protected]

Ken jy ‘n uitblinker wat graag verder wil studeer? Kyk hier na die program oor die Atterbury Trust wat op die Groot Ontbyt verskyn het. Lindie Strydom praat met Zahn Hulme, Leonie du Preez en ook met van die Atterbury Trust beurstudente.

Hallo Zahn

Dankie vir jou dankie!  Dit was ‘n maklike kombinasie van ‘n organisasie met sterk fondasie, goeie stories en ‘n kameraspan en regisseur wat dit professioneel en mooi bymekaar bring!

Julle manier van doen is werklik soos ‘n “ingryping” in iemand se lewe – waar julle vir ‘n drie tot vier jaar tydperk intensioneel inbou en inspreek en hy/sy – en ook die mense en die gemeenskap om hulle – daarna nooit weer dieselfde is nie.  Ons is ontsettend trots om saam met julle te kan werk en dit wat julle doen te bevorder, waar of hoe ook al ons kan!

Hiermee die skakel na die insetsel wat ons uitgesaai het.  Deel dit gerus om ander ook te inspireer!

Groete

Lindie Strydom
GrootFM 90.5 Projekorganiseerder

Studente Stories

Title

Go to Top