Afgestudeerde Atterbury Trust beurs-studente se kwalifikasies is so divers soos jy kan kry, maar een ding bly dieselfde: Die trots wat ons deel om geleenthede vir jongmense met potensiaal te kan skep. Lees onder meer oor ons studente se wedervaringe na hul studies.

Ons beursgraduandi Miquette Joubert het pas haar gemeenskapsjaar as verpleegster by Nala Hospitaal in Bothaville aangepak. Haar 2020 was ’n donker wolk met ’n breë silwer randjie: sy’t Covid-19 gekry en oorleef, haar BSociSc Verpleegkundegraad verwerf, en in Desember getrou!

Nadat sy in 2020 ’n BSc Verbruikerswetenskappe-honneurs cum laude verwerf het, werk ons beursgraduandi Stephanie Eksteen (hier by haar drielingsussies) nou as gehalte- & voedselveiligheidsbestuurder by ’n heuningfabriek. Haar doelwit vir 2021? Meer balans na al die akademie!?

Ontmoet Nadine Oelofse, een van ons 2020 beursgraduandi, wat pas as Arbeidsterapeut in die Noord-Kaap by Kimberley Mental Health Hospital begin werk het. As sy nie besig is om die gemeenskap te dien nie, neem hierdie buitelugmens graag deel aan pad- en veldwedlope!

Ons ? ons beursstudente! Pas gegradueerde Dr Ellen-Marie Trautmann het net A’s gekry deur haar hele 6 jaar van medies! Sy werk nou in Kimberley se Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal. Haar doelwit vir 2021: “Om my pasiënte altyd met deernis en bedagsaamheid te behandel.”

Ons studiebeurs-ontvangers is een en elk ’n dinamiese jongmens vol vasberadenheid om ’n impak te maak. Gert Kruger het in 2020 graadgevang en is nou as gekwalifiseerde meganiese ingenieur in die mark vir ’n voltydse pos. Skenk aan die Trust en help ons om wonderlike jongmense se studiedrome waar te maak!

Ons Atterbury Trust beursgraduandi is veelsydige presteerders… soos Jason Howlett, wat vanjaar begin onderwys gee het by Laerskool Louw Geldenhuys. Jason is nie net ’n opvoeder nie, hy is ook ’n atleet… hy het by die Statebond Judokampioenskap ’n bronsmedalje gewen!

Kwalifikasies behaal – 2020

Naam Van Studierigting Studieveld Instansie
Allan Love Diploma Sjef Prue Leith Academy
Anke Nielsen van Reizig B Ing Meganiese Ingenieurswese US
Annastachia Hechter B Ed Onderwys UNISA
Anthea Boks B Ed Onderwys UNISA
Awie Botes B Ing Elektriese ingenieurswese US
Bianca Bekker B Ed Onderwys UNISA
Bianca Bergh B Ed Onderwys AROS
Bianca Bosman B Ing Bedryfsingenieurswese UP
Charlene Vermaak B Sc Bourekeningkunde UP
Cheri Mohati B Com Rekeningkunde & Finansies WITS
Clarinda Engelbrecht B Com Rekeningkunde UNISA
Corli Deetlefs (Snyman) B Ed Onderwys AROS
Dirk Engelbrecht B Ed Onderwys UNISA
Ellen-Marie Trautmann MBCHB Medies UCT
Gabriel van Eeden B Sc Biologiese wetenskappe NWU
Gert Kruger B Ing Meganiese Ingenieurswese NWU
Hendrik De Leeuw B Ing Meganiese Ingenieurswese NWU
Jacques Fourie BA Stads en Streekbeplanning UP
Janka Mathee B Physio Fisioterapie UWC
Janneman Els B Ing Elektriese ingenieurswese NWU
Jason Howlett B Ed Onderwys UFS
Jolene Pretorius LLB Regte UP
Jonathan Taljaard BIS Inligtingstegnologie IT Centurion Akademie
Joshua du Plooy B Sc Bourekeningkunde CPUT
Lerato Mabena Diploma Sjef Capital Hotel School
Lindi Smit BVSc Veearts UP
Maricia van Deventer B Sc Biologiese wetenskappe UP
Mehan Oosthuyse B Sc Chemiese Biologie US
Miquette van Eeden (Joubert) B Cur Verpleegkunde UFS
Munnik Hertzog BVSc Veeartsenykunde UP
Nadine Oelofse B Sc Arbeidsterapie UFS
Naithan Bester MBCHB Medies UP
Nicole Swanepoel BA Spraakterapie UP
Niemandia Niemand Diploma Verpleegkunde CUT
Petrus Visser B Ing Chemiese ingenieurswese UP
Renthea Boshoff LLB Regte UNISA
Ruan Haasbroek B Com Rekeningkunde NWU
Selokoane Selatile B Sc Real Estate UP
Shani la Grange B Sc Dieetkunde UP
Synthia Storm B Ed Onderwys UNISA
Tiaan Swart B Com Rekeningkunde US
Zelia-Mari Verster BVSc Veearts UP

Honneurs

Naam Van Studierigting Studieveld Instansie
Carel Beneke B Sc Mikro Biologie UFS Honneurs
Eltricia Swart B Com Bemarking NWU Honneurs
Francois van Zyl B Com Rekeningkunde NWU Honneurs
Gido Van Eeden B Arch Argitektuur UFS Honneurs
Jan-Hendrik Basson B Com Rekeningkunde US Honneurs
Leesha Bruwer Diploma: Isa Carstens Somatologie Isa Carstens Akademie Pta Honneurs
Lipolelo Matima B Sc Konstruksie Bestuur UP Honneurs
Patricia Chaane B Sc Bourekeningkunde UP Honneurs
Simeon Kruger B Ing Elektro – Meganiese Ingenieurswese NWU Honneurs
Stephanie Eksteen B Sc Verbruikerswetenskappe NWU Honneurs
Vuyiswa Khoza B Sc Bourekeningkunde UP Honneurs

Indien enige maatskappy besonderhede van studente wil bekom, kontak asseblief [email protected] of [email protected]

Gegradueerdes