Daar is ’n nuwe projek onder die vaandel van die Atterbury Trust van stapel gestuur wat broodnodige voedsel aan behoeftige Afrikaanse gemeenskappe versprei. Terugploeg, die naam van hierdie inisiatief sê eintlik alles.

Die grendeltyd het baie leemtes in ons samelewing blootgestel. Een is die onvermoë van staatsinstellings om voedsel doelmatig aan almal wat dit nodig het te versprei, veral in ons eie gemeenskappe. Ons het derhalwe besluit om self iets hieraan te doen.

Lood Bester en Herman Marx was instrumenteel met die aanvanklike afskop van die projek en saam met ons vriende in die landbou is begin om op ‘n georganiseerde en verantwoordbare wyse voedsel aan behoeftige Afrikaanse gemeenskappe te lewer. Ons boere het nie teleurgestel nie. Inteendeel, ons is oorval met skenkings in tonnemaat. Vragmotors-vol vars vrugte, groente en wildsvleis is afgelaai.

Die onmiddellike sukses van Terugploeg het ons groter laat droom. Wat van as ons ’n standhoudende organisasie op die been kan bring wat nie net oor die langtermyn voedsel effektief kan versprei nie, maar ook poog om deur werkverskaffing en opleiding gemeenskappe op te hef. Om seker te maak Terugploeg word verantwoordelik bestuur en geadministreer, val dit direk onder die Atterbury Trust, wat oor meer as twee dekades beduidende ondervinding, kundigheid en infrastruktuur rakende die bestuur van liefdadigheid opgebou het.

Faan en Dirk van der Walt van WeBuyCars het ’n perseel beskikbaar gestel wat as Terugploeg se hoofkantoor en verspreidings-, bergings- en verwerkingsdepot kan dien. Die gebou is reeds ontwerp en ons beoog om so gou as Januarie 2021 met konstruksie van die nuwe fasiliteite te begin.

Ons het jou welwillendheid nodig – hetsy as ’n Terugploegboer met ’n oop hart, iemand wat ’n skenking wil maak van kontant, konstruksiemateriaal, voedselverwerkings-toerusting, kombuis-toerusting vir die nuwe perseel, of as ’n persoon wat jou vaardighede in ons werksverskaffing- en opleidings-projekte wil aanbied.

Impak

Terugploeg het tot op hede meer as 68 ton kos ingesamel en uitgedeel wat ongeveer 272 000 etes voorsien het aan mense met nood. Daar is in die eerste jaar van Terugploeg se aktiwiteite meer as 200 ton kos ingesamel en uitgedeel aan mense in nood. Daar word tans ongeveer 50 organisasies en skole tesame met individue in nood ondersteun.

Die lys van organisasies wat ondersteun is, is as volg:

  • Laerskool Generaal Nicolaas Smit
  • Kairos
  • Sonskynhoekie
  • Oud Affie Bond
  • President Kruger kinderhuis
  • Klein Treëtjies kleuterskool
  • Laerskool Kameeldrift
  • Laerskool Westerlig
  • Bronkhorstspruit Ouetehuis (Ons herberg?)
  • NG Kerk Danville
  • Eleos
  • Huis Gracia
  • Harmoniehof ouetehuis
  • Uncle Ben’s Den
  • Laerskool Tygerpoort
  • Booysens Beertjies
  • Verskeie ander individue en kerke met nood.

Fondswerwing

Ons Benodig Fondse

Vind assblief onderstaande ons bankbesonderhede indien u enige skenkings of donasies wil maak.

Bankbesonderhede:

Atterbury Trust

Nedbank

Tjekrekening

Rekening nr: 1497004187

Takkode: 149745

Verwysing: TP (Jou naam en van)

Raak betrokke

(Vul asseblief die vorm hier onder in)

Ons nooi jou uit om deel te raak van van hierdie projek op enige van die onderstaande wyses:

  • Bou-en konstruksiedienste
  • Die skenk van boumateriaal
  • Die skenk van kombuistoerusting
  • Die skenk van vleisbewerkingstoerusting
  • Die skenk van vars groente en vrugte
  • Die skenk van vleis of nie bederfbare kos.
  • Opleidingsdienste vir vleis-en voedselbewerking.
  • Enige ander opleidingsdienste
  • Kontantdonasie

Vele hande maak Terugploeg werk

25 Oktober, 2022|Kommentare af op Vele hande maak Terugploeg werk

Soos Terugploeg groei, groei die behoeftes en ook die kennis oor hoe om die meeste te maak van al die wonderlike donasies en welwillendheid van baie mense. Danksy Terugploeg se nuwe koördineerder, Jeanne van [...]

’n Kans om terug te ploeg

14 Maart, 2022|Kommentare af op ’n Kans om terug te ploeg

Terugploeg het aan die begin van die jaar die fokus van ’n algemene bestuurder gekry, in die vorm van Jacques Pauw, wat voorheen ’n onderwyser by Hoërskool Maragon in Mooikloof was. Hy vertel ons meer [...]

Terugploeg se hoofkwartier wat werk

17 September, 2021|Kommentare af op Terugploeg se hoofkwartier wat werk

Faan van der Walt, Uitvoerende Hoof van WeBuyCars; Dirk van der Walt, Direkteur van WeBuyCars; Zahn Hulm, Uitvoerende Trustee Atterbury Trust; Lood Bester, medestigter van TerugPloeg; Louis van der Watt, Uitvoerende Hoof van Atterbury [...]

Mieliemeel vir Afrika

5 Mei, 2021|Kommentare af op Mieliemeel vir Afrika

Dis wonderlik om te sien hoe die Terugploeg-boodskap versprei, en die aandag van weldoeners  van oraloor trek. Lourens van der Linde is ’n Vrystater in murg en been met geen besonderse verbintenis met Pretoria en [...]

Terugploeg se hulp wat werk word ’n werklikheid

26 Februarie, 2021|Kommentare af op Terugploeg se hulp wat werk word ’n werklikheid

Faan en Dirk van der Walt spit die eerste sooi van Terugploeg se nuwe hoofkantoor in hul hoedanigheid as medestigters van WeBuyCars Die eerste sooi van Terugploeg se nuwe verpakkings-, verwerkings- en [...]

Die groot harte agter Terugploeg – Dirk van der Walt

22 Februarie, 2021|Kommentare af op Die groot harte agter Terugploeg – Dirk van der Walt

Die Terugploeg inisiatief om honger te bekamp sou nie moontlik gewees het sonder die insette en ondersteuning van ’n hele groep weldoeners nie. Een van hierdie sakemanne met hart is Dirk van der Walt van [...]