Hulp wat werk
Hulp wat werk
Besoek die Terugploeg- webtuiste
Terugploeg-inisiatiewe
Terugploeg-nuus
Impak tot op hede
Raak betrokke
Met die ondersteuning van donateurs ploeg ons terug in ons onmiddellike gemeenskap deur hulpbronne op ’n verantwoordbare wyse na geïdentifiseerde instansies en gemeenskappe te versprei. Terugploeg versamel vars landbouprodukte soos groente, vrugte en vleis van boere en ander skenkers, wat dan verwerk, geberg en aan behoeftige ouetehuise, kinderhuise en skole versprei word.
Ons nooi jou graag uit om betrokke te raak deur die skenking van vars produkte, niebederfbare produkte, wild of veekarkasse, toerusting, huishoudelike items of ’n finansiële bydrae.
Waar is Terugploeg?
Terugploeg is geleë op ’n perseel van agt hektaar buite Pretoria, naby die Rayton-afrit op die N4-hoofweg. Hierdie terrein is goedgunstiglik beskikbaar gestel deur Faan en Dirk van der Walt (die stigters van WeBuyCars). Die fasiliteit sluit ’n vleisverwerkingsaanleg, stoorarea, koelkamers en groentetuin in.