Skip to content
Logo

Atterbury Foundation NPC

Atterbury Foundation NPC is in 2007 as ’n Vlak 1 B-BSEB gesertifiseerde niewinsgewende organisasie in tandem met Atterbury Trust gestig. Hierdie entiteit fokus op sosiale transformasie in vennootskap met voorheen benadeelde gemeenskappe om opleidingsgeleenthede te skep en gemeenskapsopheffingsprojekte te inisieer. Alle bydraes aan die Atterbury Foundation NPC kwalifiseer vir B-BSEB-telkaartdoeleindes.

By die Atterbury Foundation NPC word daardie verskil elke dag sigbaar, in klaskamers, kleuterskole en gemeenskappe waar kinders die ondersteuning kry wat hulle nodig het om hul volle potensiaal te bereik.

As ‘n Vlak 1 B-BBEE-gesertifiseerde nie-winsgewende organisasie bied die Foundation aan besighede die geleentheid om hul sosio-ekonomiese ontwikkelingsfondse te kanaliseer na projekte met meetbare en volhoubare impak.

Studente

Rentevrye Studiebeursleningsinisiatief bied aan ’n nuwe generasie leiers die geleentheid om kwalifikasies sonder finansiële las te verwerf en daarna via ons netwerk van medewerkers en ondersteuners die werkmag te betree.

Dit gaan egter nie net oor finansiële bystand nie. Mentorskap en ’n gemeenskapsgevoel is vir Atterbury Trust belangrik, en daarom word verhoudings met beursstudente gebou deur middel van gereelde mentorsessies.

Asset 1
Foundation-Blou-B-scaled

Leersaam

Die Leersaam-projek fokus op remediërende onderrig vir grondslagfaseleerders.

Die behoefte aan akademiese ondersteuning in hierdie gemeenskappe is groot, terwyl onderwysers reeds onder geweldige druk funksioneer. Deur bykomende remediërende klasse moontlik te maak, word nie net leerders gehelp om leeragterstande in te haal nie, maar word onderwysers ook ondersteun om beter uitkomste in hul klaskamers te bereik.

Kleuterskole voedingsprojek: Voedsaam

Atterbury Foundation NPC is aktief betrokke by die voorkoming van groeibelemmering onder jong kinders. Navorsing wys dat 28.8% van kinders in Suid-Afrika onder die ouderdom van 5 jaar groeibelemmerd is.

In samewerking met ons implementeringsvennote word toegesien dat hierdie kinders daagliks ’n voedingryke ontbyt ontvang ten einde hul fisieke en kognitiewe ontwikkeling oor die langtermyn te verbeter.

Kinders word maandeliks gemonitor om akkurate statistiek ten opsigte van groeibelemmering te verkry. Verslagdoening vind elke ses maande per kind, skool en geografiese area plaas ten einde vordering te monito

DSCF8698 (1)
IMG_0704

Infrastruktuur – opdraderingsprojekte

Die Foundation se betrokkenheid strek verder as voedingsondersteuning alleen. Deur infrastruktuurprojekte by verskeie vroeë ontwikkelingsentrums te ondersteun, help ons om veilige, waardige en stimulerende ruimtes te skep waar kinders die beste moontlike begin in die lewe kan kry.

Hierdie ondersteuning sluit onder meer die opgradering van speelterreine, die installering van skadunette, die bou van dekke, die verbetering van sanitêre geriewe, asook die opknapping van speeltoerusting in. By sentrums soos Angels of Grace in Hammanskraal, Sun Rise Day Care Centre en Akkerland Kleuterskool word daar deur praktiese infrastruktuurverbeterings gehelp om beter leeromgewings vir jong kinders te skep.

Waar kinders voorheen beperkte toegang tot veilige speelareas of behoorlike sanitêre geriewe gehad het, dra hierdie projekte nou by tot meer funksionele en menswaardige ruimtes. Saam met voedingsondersteuning, soos die daaglikse voorsiening van StartWell-pap, versterk hierdie inisiatiewe die sentrums se vermoë om hul gemeenskappe op ’n volhoubare manier te dien.

Deur samewerking met vennote en gemeenskappe word bestaande hulpbronne verbeter en uitgebrei, sodat elke sentrum beter toegerus is om kinders se ontwikkeling, veiligheid en welstand te ondersteun.