Atterbury Property Foundation NPC is in 2007 as ’n nie-winsgewende organisasie in tandem met Atterbury Trust gestig. Hierdie entiteit werk in vennootskap saam met voorheen-benadeelde gemeenskappe om opheffingsprojekte te skep en in stand te hou.

Beplande bystand en die oordrag van vaardighede is geïdentifiseer as ’n geleentheid om ’n langdurige positiewe verskil in die begunstigdes van hierdie projekte se lewens te bewerkstellig. Opheffingsprojekte is tradisioneel saam met Atterbury se eiendomsontwikkelings beplan. Op hierdie manier word die hulpbronne wat vir hoofprojekte aangewend word, gebruik om ’n betekenisvolle rol te speel in die onmiddellike omgewing.

’n Voorbeeld van so ’n inisiatief is die Bergrivier Vaardigheidopleidingsprojek. Dit is deur die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomsontwikkelaars (SAPOA) vereer as een van die mees innoverende projekte in sy afdeling.

Ander suksesvolle projekte sluit in die Re-Connect Huis van Veiligheid in Constantia Park, die Alkantrant en Soshanguve biblioteke, wat destyds as deel van die Lynnwood Bridge ontwikkeling gebou is, die Geelhout Landgoed uitheemse boomverwyderingsprojek buite George asook werkskeppingsprojekte in Johannesburg se middestad saam met Newtown Junction.

Net soos Atterbury Trust, belê Atterbury Property Foundation NPC ook in opvoeding en die maksimalisering van almal se potensiaal deur vaardigheidsontwikkeling en die toekenning van studiebeurse.

As deel van Atterbury se bemagtigingstransaksie wat in 2018 gedoen is, besit Atterbury Property Foundation NPC nou saam met die Talis-konsortium aandele in Atterbury Property Fund (APF). APF is ’n eiendomsontwikkelings- en beleggingsmaatskappy wat in ’n 70/30 verhouding deur Atterbury Property Investments (API) en Talis Investment Partners (TIP) besit word. Die voorsitter van APF is Tebogo Mogashoa.

Skenk aan Atterbury Foundation

Atterbury Property Foundation NPC • Nedbank Business 1497193788

Direkteure

Zahn Hulme
Uitvoerende Trustee, Atterbury Trust

Godfrey Mmagawo
Operasionele bestuurder:
In Harmonie

Prof. Debra Meyer
Adjunk Vise-Kansellier Onderrig
Sol Plaatjie Universiteit

Heindrich Wyngaard
Uitvoerende Voorsitter:
Kaapse Forum NPC