Die moderne Atterbury Teater het gestalte gegee aan Atterbury Trust se toewyding tot die bevordering van die uitvoerende kunste en die ontwikkeling van talent; en het ’n trekpleister van formaat geword in Lynnwood Bridge. Dit bied vir kunstenaars in Gauteng ’n topklas lokaal vir musiek, drama en ’n verskeidenheid uitvoerende kunste, en word wyd beskou as een van die beste konsert-teaters in die land. Benewens produksies is dit is ook ’n gewilde plek vir konferensies en korporatiewe funksies en is feitlik elke dag van die jaar bespreek.
Die Atterbury Teater is 11 jaar oud en daar is reeds meer as 3 000 geleenthede by hierdie gesogte venue aangebied.
Kantoorure
Maandag tot Vrydag 9:00-17:00 en Saterdag 9:00-13:00
Sondae en openbare vakansiedae: GESLUIT
Kontakbesonderhede
Tel: 012 942 5951
E-pos: [email protected]
Web: www.atterburyteater.co.za
Adres: Daventrystraat 4, Lynnwood Bridge Sentrum, Lynnwood Manor, Pretoria
Atterbury Teater nuus
Komponis Clara Schumann se lewe in musiekteaterstuk gevier Met Nina Schumann (pianis) en Carla Smith (aktrise) Teks: Riana Scheepers [...]
Mis jy Aardklop? Dan het ons baie goeie nuus… die Aardklop 2021 Opwipfees kom vandeesweek Pretoria toe! Ons kry al [...]
Die sitplekke van ’n teater getooi met kuns – dít is die gesig wat vir jou wag by Atterbury Teater [...]
“Die wag eenvoudig té was lank…ons kan nie anders as om met twee konserte in een naweek te open nie! [...]
Atterbury Teater en OPTOG! het hande gevat om weer mense terug te nooi teater toe, op ’n COVID-19-veilige manier. OPTOG! [...]
Virtuele konserte nou langer beskikbaar OPTOG! is twee jaar gelede op die been gebring met die doel om kuns toeganklik [...]
Hy is terug in sy gunstelingvertrek: sy garderobe of klerekas en hy nooi jou uit om hierdie Sondag weer saam [...]
Kunstenaars trek besonder swaar gedurende die inperkings wat deur die Covid-19 pandemie genoodsaak is. Danksy vinnig dink en vinnig planmaak, [...]
Nadat duisende mense van regoor die wêreld verlede Saterdag OPTOG! en Atterbury Teater se gratis e-konsert gestroom het, besef [...]
16 Maart 2020, 20:00 - 21:30 17 Maart 2020, 20:00 - 21:30 R120 Kom geniet ’n aand van skouspelagtige musiek, [...]
11 Maart 2020, 20:00 - 22:00 R180 – R220 Na die sukses van die Crazy Diamond produksie en vele versoeke [...]
8 Maart 2020, 16:00 - 17:30 R170 – R190 Kevin Leo en Jannie Moolman deel met hulle gehoor die ongelooflike [...]