Uitnemende sorg met waardigheid
Triomf, sorg met waardigheid
Besoek die Triomf- webtuiste
Raak betrokke
Triomf-nuus
Impak tot op hede
Die impak van vrywilligers en weldoeners:
Raak betrokke
Ons nooi graag gesondheidsorgpersoneel uit om saam met ons ‘n verskil te maak. Tans is daar ‘n besondere behoefte aan ondersteuning op die volgende gebiede:
Oor-, neus- en keelspesialis (ONK/‘ENT’)
Vir die diagnose en behandeling van algemene en chroniese ONK-toestande.
Oogkliniek
Oogartse wat kan help met ’n basiese oogtoets sodat pasiënte wat ’n bril benodig, gehelp kan word.
X-straaldienste
Diagnostiese ondersteuning vir ortopediese, respiratoriese en ander kliniese aanwendings.
Algemene praktisyn (AP/‘GP’)
Vir roterende konsultasies en algemene primêre gesondheidsorg.
Dermatoloë
Om veltoestande en chroniese dermatologiese siektes professioneel te evalueer en behandel.
Tandarts
Basiese tandheelkunde, roetine-ondersoeke en skoonmaak, stopsels, die trek van tande en voorkomende maatreëls om mondgesondheid te handhaaf.
Indien jy ’n bydrae kan lewer – op ’n eenmalige, gereelde of roterende basis – sal ons dit met groot waardering verwelkom.
Waar is Triomf Kliniek?
Triomf Kliniek
Oaktreelaan 41
Hazelwood
Pretoria
0081