Werksgeleenthede vir mense wat omgee

By Atterbury Trust kom die genot van ons werk nie net uit die doelwitte wat bereik word nie, maar spruit ook uit die wete dat baie mense se lewens verbeter word omdat ons omgee. So, as jy ook omgee het ons moontlik net die regte werksgeleentheid vir jou.

Vakature: Studente- en projekte-koördineerder Wes-Kaap

Atterbury Trust kondig graag aan dat daar ‘n vakante pos is as: Studente- en projekte-koördineerder by ons kantoor in Stellenbosch.

  1. Hoofverantwoordelikhede: Studente
  • Studentekommunikasie en ondersteuning.
  • Opdatering en instandhouding van die elektroniese studentedatabasis.
  • Voorbereiding van jaarlikse studentebegrotings.
  • Voorbereiding en laai van studentebetalings.
  • Erkenning van alle studentebetalings in Xero.
  • Voorbereiding van studenteprofiele.
  • Opvolg en monitering van maandelikse studenteterugbetalings.
  • Voorbereiding van studenteterugbetalingskontrakte en terugbetalingskedules.
  1. Hoofverantwoordelikhede: Projekte
  • Koördinering en organisasie van alle Atterbury Trustprojekte.
  • Kommunikasie en skakeling met donateurs en eksterne partye.
  • Reis in omliggende Wes-Kaap area vir verskeie Atterbury Trustprojekte.
  • Skakeling met verskeie organisasies.
  • Weeklikse behoeftebepaling van organisasies.
  • Koördinering van alle bemarkingsmateriaal.
  • Voorbereiding van weeklikse en maandelikse verslae vir Atterbury Trustprojekte
  1. Algemene verantwoordelikhede
  • Organisasie en instandhouding van elektroniese leërs en foto’s.
  • Algemene operasionele en administratiewe take.
  • Ad Hoc-rekeningkundige teboekstelling.
  1. Ondervinding, kennis en vereistes
  • Matrieksertifikaat (BCom-kwalifikasies sal voordeel geniet)
  • ‘n Minimum van 4 jaar toepaslike ondervinding
  • Bestuurslisensie
  • Betroubaar en eerlik
  • Positief en selfversekerd
  • Spanspeler
  • Neem inisiatief
  • Uitstekende kommunikasievaardighede
  • Goeie organiseerder
  • Prosesgedrewe
  • Goeie tydbestuur
  • Goeie en kreatiewe rekenaarvaardighede (Word, Excel, PowerPoint ens.)
  • Goeie spel- en skryfvermoë

Alle CV’s kan aangestuur word na Rmuller@atterbury.co.za voor Donderdag, 31 Maart 2022. Dui asseblief jou salarisverwagting in die e-pos aan. Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word.