Fairtree Atterbury Teater
’n Wêreldklasteater in Lynnwood Bridge, Pretoria wat ’n tuiste bied vir die uitvoerende kunste en korporatiewe funksies.
Ons gee om vir die kunste
Fairtree Atterbury Teater word allerweë beskou as een van die beste konsertteaters in die land en meer as ’n dekade later gedy ons met meer as 4 000 vertonings en ’n magdom onvergeetlike ervarings. Die teater dra ook by tot Atterbury Trust se toewyding aan studente deur werksgeleenthede wat weekliks beskikbaar gemaak word.
Die teater beskik voorts oor ’n hipermoderne opnameateljee met hoëgehaltetoerusting sodat kunstenaars albums op een plek kan opneem, meng en vervaardig. Die ateljee het ’n venster wat uitkyk op die verhoog sodat daar ook lewende opnames van optredes op die verhoog gemaak kan word.
Sedert 2024 inkorporeer ons ook ons naamborg, Fairtree Capital, in die naam as teken van hul ondersteuning vir die ontwikkeling van kuns en kultuur op plaaslike vlak.
Besoek die Fairtree Atterbury Teater- webtuiste
Lees die volle verhaal van die Fairtree Atterbury Teater se ontstaan
Teater-nuus
Impak tot op hede
Waar is die Fairtree Atterbury Teater?
Fairtree Atterbury Teater
Daventrystraat 4
Lynnwood Manor
Pretoria
0081