Skip to content

Voeding wat ontwikkeling bevorder

Atterbury Foundation NPC is aktief betrokke by die voorkoming van groeibelemmering onder jong kinders. Navorsing wys dat 28.8% van kinders in Suid-Afrika onder die ouderdom van 5 jaar groeibelemmerd is.

In samewerking met ons implementeringsvennote word toegesien dat hierdie kinders daagliks ’n voedingryke ontbyt ontvang ten einde hul fisieke en kognitiewe ontwikkeling oor die langtermyn te verbeter.

Kinders word maandeliks gemonitor om akkurate statistiek ten opsigte van groeibelemmering te verkry. Verslagdoening vind elke ses maande per kind, skool en geografiese area plaas ten einde vordering te monitor.

Impak tot op hede

KINDERS
KLEUTERSKOLE
PROVINSIES