Skip to content

’n Blywende verskil op Mandeladag

 ’n Verskil begin dikwels met iets eenvoudig, mense wat bereid is om hul tyd te gee. Dit is die hart van Mandeladag. Vanjaar het Atterbury Property en  Atterbury Trust weer saamgespan om by Angels of Grace ECD ’n verskil te maak.  Atterbury se HUB, Armond Boshoff, deel waarom hierdie dag jaar ná jaar so besonders is.

Atterbury Property is elke jaar deel van die Atterbury Trust se Mandeladag-projek. Waarom is dit vir julle belangrik om betrokke te wees? 

Atterbury en die Atterbury Trust werk al vir byna 30 jaar saam, en ons is betrokke by verskeie inisiatiewe, insluitend die jaarlikse Mandeladag-projek. Ek dink dit is belangrik vir ons as ’n groep om hande saam te vat, om ’n verskil te maak. Dit gee ook ’n geleentheid vir die Atterbury-span, en hulle families, om betrokke te wees en regtig ’n verskil te maak by die instansie wat die Trust geidentifiseer het vir die betrokke jaar. Die terugvoer van ons mense af is een van dankbaarheid en deernis. Dis altyd vir ons lekker om met die kinders te speel, mure of klimrame te verf en net die mense te bederf.

Wat beteken dit vir jou om te sien hoe kollegas hulle tyd en vaardighede gebruik om ’n verskil te maak?

Ons personeel is redelik baie betrokke by die Trust se inisiatiewe – of dit nou is om studente-onderhoude te voer en studente te mentor, of tyd af te staan op Mandeladag. Wat hierdie meer spesiaal maak is dat die families – gades en kinders – ook betrokke raak by hierdie spesifieke projek. Dit is vir my lekker om te sien hoe almal met oorgawe gee, en die opgewondenheid wat heeldag heers.

Baie mense dink korporatiewe maatskaplike betrokkenheid gaan net oor geldelike hulp. Hoe sien jy die rol van ’n maatskappy wanneer dit kom by die betrokkenheid in gemeenskappe?

Ek dink daar is behoefte aan beide finansiële én fisiese, in-persoon, bydrae vanaf die kant van maatskappye. Partykeer kort die Trust finansiële hulp om inisiatiewe van stapel te stuur, en ander kere kort hulle hande wat verf en mense om kinders se dae op te kikker. Die twee aspekte is ewe belangrik. Uiteraand is dit baie bevredigend om fisies ’n verskil te gaan maak en die mense te sien glimlag wanneer daar net eenvoudig iemand is wat omgee.

Waar dink jy begin daardie kultuur van omgee?

Ek dink dit begin by elke individu

Dankie aan Atterbury Property, RMJ Services, Best Deck, Quanticost en Dredging Africa vir julle ondersteuning. Julle het gehelp om veilige skadunette oor die speelterrein op te rig, dekke om die klaskamers te bou en nuwe badkamers aan te bring. Danksy julle bydrae kon ons ook vir elke kind ‘n geskenksakkie gee met ‘n paar skoene, onderklere en ‘n warm baadjie.