MengNet 4.0 – ‘n aand van inspirasie
Ons vierde MengNet-geleentheid by die pragtige Rust en Vrede Wynlandgoed was ’n besonderse aand van insig, gesprekke en waardevolle verhoudings. Met inspirerende gesprekke deur:
🔹 Gerrie Fourie – voormalige uitvoerende hoof van Capitec
🔹 Johan van der Merwe – mede-uitvoerende hoof van African Rainbow Capital
🔹 Jean de Villiers – voormalige Springbok-kaptein
Die aand se boodskap was duidelik: Wanneer ons regtig verstaan wat mense dryf en hulle belange met integriteit dien, skep ons nie net beter resultate nie, maar ook betekenisvolle verhoudings.