Hierdie projek is voltooi en het in totaal R 1,049,410.00 ingesamel.

Atterbury en USN beloon uitmuntendheid

Atterbury en USN het sopas aangekondig dat die twee maatskappye gesamentlik R 500 000 skenk en loods terselftertyd ‘n Olimpiese medaljewenner skarefinansieringsprojek, Spansaam, via die Atterbury Trust. Ander organisasies en individue word uitgenooi om tot die fonds by te dra. Die oogmerk is om binne ‘n week die teikenbedrag van R 1 300 000 te bereik. Daar word beoog om uit die fonds R 500 000 vir ‘n goue medalje en R 250 000 per silwermedalje uit te betaal, sowel as ‘n vasgestelde bedrag vir die afrigters van medaljewenners. Indien die teikenbedrag oorskrei word, bly die surplus in ‘n trustrekening om in die toekoms te kan intree waar die regering te kort skiet, hetsy op die sport, kultuur of gemeenskapsfront.

Saskok president, Barry Hendricks, het oor die naweek aangekondig dat daar geen finansiële vergoeding vir Suid-Afrika se enigste twee medaljewenners in die pas afgelope Olimpiese spele in Japan, die swemmer Tatjana Schoenmaker en branderplankryer, Bianca Buitendag, beskikbaar is nie. Daar is sedertdien gerepudieer dat onderhandelinge rondom vergoeding nog in proses is.

Atterbury en USN is twee ikoniese maatskappye wie se wortels diep in Suid-Afrika lê. Atterbury streef na uitnemendheid in alles wat ons aanpak, sê Armond Boshoff, Atterbury se Hoof Uitvoerende Beampte (HUB). Ons assosieer onsself met die beste in die bedryf – ons ontwikkel toonaangewende kommersiële eiendomsprojekte vir topklashuurders en ons bestuur ‘n portefeulje van uitsoekgeboue. Ons is trots op Tatjana en Bianca en glo dat uitmuntendheid beloon moet word. Teruggee aan die gemeenskap is ook al vir baie jare sinoniem met die Atterbury handelsmerk.

Albé Geldenhuys, Stigter en HUB van USN vertel waarom hulle onmiddellik hulle beursie oopgemaak het: “USN is 21 jaar gelede in Suid-Afrika gestig. Ons is baie lief vir Suid-Afrika en daar is soveel talent en potensiaal in ons land. Ons het agting vir die deursettingsvermoë van atlete wat deur die Covid-pandemie aanhou oefen het om hulle beste in Tokio te kon gee. Hierdie medaljewenners is ‘n inspirasie vir jong atlete wat vir Suid-Afrika behoue moet bly”. USN dra by tot die bevordering van sport onder minder bevoorregtes asook sportbeurse vir talentvolle jongmense.

Spansaam skop amptelik op Woensdag, 11 Augustus af om 06:00 op Die GROOT Ontbyt op kykNET wanneer Armond Boshoff, Albé Geldenhuys en Tatjana Schoenmaker in die ateljee is om meer inligting te gee oor die inspirasie agter Spansaam.

Vele hande maak Terugploeg werk

25 Oktober, 2022|Kommentare af op Vele hande maak Terugploeg werk

Soos Terugploeg groei, groei die behoeftes en ook die kennis oor hoe om die meeste te maak van al die wonderlike donasies en welwillendheid van baie mense. Danksy Terugploeg se nuwe koördineerder, Jeanne van [...]

’n Kans om terug te ploeg

14 Maart, 2022|Kommentare af op ’n Kans om terug te ploeg

Terugploeg het aan die begin van die jaar die fokus van ’n algemene bestuurder gekry, in die vorm van Jacques Pauw, wat voorheen ’n onderwyser by Hoërskool Maragon in Mooikloof was. Hy vertel ons meer [...]

Terugploeg se hoofkwartier wat werk

17 September, 2021|Kommentare af op Terugploeg se hoofkwartier wat werk

Faan van der Walt, Uitvoerende Hoof van WeBuyCars; Dirk van der Walt, Direkteur van WeBuyCars; Zahn Hulm, Uitvoerende Trustee Atterbury Trust; Lood Bester, medestigter van TerugPloeg; Louis van der Watt, Uitvoerende Hoof van Atterbury [...]

Mieliemeel vir Afrika

5 Mei, 2021|Kommentare af op Mieliemeel vir Afrika

Dis wonderlik om te sien hoe die Terugploeg-boodskap versprei, en die aandag van weldoeners  van oraloor trek. Lourens van der Linde is ’n Vrystater in murg en been met geen besonderse verbintenis met Pretoria en [...]

Terugploeg se hulp wat werk word ’n werklikheid

26 Februarie, 2021|Kommentare af op Terugploeg se hulp wat werk word ’n werklikheid

Faan en Dirk van der Walt spit die eerste sooi van Terugploeg se nuwe hoofkantoor in hul hoedanigheid as medestigters van WeBuyCars Die eerste sooi van Terugploeg se nuwe verpakkings-, verwerkings- en [...]

Die groot harte agter Terugploeg – Dirk van der Walt

22 Februarie, 2021|Kommentare af op Die groot harte agter Terugploeg – Dirk van der Walt

Die Terugploeg inisiatief om honger te bekamp sou nie moontlik gewees het sonder die insette en ondersteuning van ’n hele groep weldoeners nie. Een van hierdie sakemanne met hart is Dirk van der Walt van [...]