Faan van der Walt, Uitvoerende Hoof van WeBuyCars; Dirk van der Walt, Direkteur van WeBuyCars; Zahn Hulm, Uitvoerende Trustee Atterbury Trust; Lood Bester, medestigter van TerugPloeg; Louis van der Watt, Uitvoerende Hoof van Atterbury Groep en Herman Marx-uitvoerende Hoof van Vibro en Medestigter van TerugPloeg.

Die Terugploeg se verpakkings-, verwerkings- en verspreidingsfasiliteit is in die laaste fase van konstruksie en daar word beoog dat die hoofkwartier vanaf November 2021 ten volle operasioneel sal wees.

Die Terugploeg inisiatief het tydens die grendeltyd ontstaan toe Lood Bester en sy vriend Herman Marx van Vibro op ‘n informele basis kos aan behoeftige gemeenskappe uitgedeel het. Die projek het vinnig momentum gekry toe ‘n aantal boere betrokke geraak het en vragte kos afgelewer het. Hierdie tonne kos is informeel met behulp van Vibro se vervoernetwerk versprei, maar daar is besef dat die nood geweldig groot is en daar ‘n volhoubare projek van stapel gestuur moet word. Atterbury Trust is genader en Terugploeg word tans onder die vaandel van Atterbury Trust bestuur.

Volgens Zahn Hulme, uitvoerende trustee van Atterbury Trust, is daar sedert die aanvang van die projek reeds meer as 125 ton kos aan ouetehuise, skole en kinderhuise in en om Pretoria uitgedeel. Dit is die ekwivalent van ongeveer 503000 etes. “Deursigtigheid en verantwoordbaarheid is vir mense belangrik en die Atterbury Trust word reeds sedert 1998 vertrou as ‘n organisasie wat teruggee-projekte doeltreffend bestuur. Ons loop ‘n pad met organisasies en maak seker dat dit behoorlik bestuur word en die hulp by die regte mense uitkom.”

Die Terugploeggebou is opgerig op agt hektaar grond in die ooste van Pretoria – teen die N4, digby die Rayton afrit – wat deur Faan en Dirk van der Walt, die stigters van WeBuyCars, beskikbaar gestel is.

Benewens die kosverwerkings-fasiliteit en koelstoor, word ’n groente- en vrugtetuin beplan, asook ’n klerebank. Mede-stigter van Terugploeg, Lood Bester sê dat ‘n aantal werksverskaffingsinisiatiewe op die perseel beplan word – vleis gaan verwerk word, braaihout gaan gesny, verpak en verkoop word. “Al hierdie funksies het hande nodig; om die tuine te versorg, die kos te verwerk, die klere wat ons inkry te sorteer, was en stryk, die vragte hout te verpak in braaipakke… hiermee wil ons werk skep vir die mense uit die gemeenskappe wat ons bedien,” vertel hy opgewonde.

Verder word daar beoog om ’n lesingsaal in die gebou in te rig, waarin kursusse en praatjies aanbied kan word om beide skoolkinders en volwassenes te inspireer met praktiese raad en opleiding, sodat hulle ook hul eie omstandighede self kan verbeter.

Die amptelike opening van die nuwe terugploeg fasiliteit word vir Januarie 2022 beplan.

Hoe die publiek kan help

Die Terugploeg-gebou gaan teen einde Oktober 2021 voltooi word en skenkings in die vorm van roldeure, heinings, koelkamers, meubels, lugversorgers, kombuistoerusting en vleisverwerkings-masjinerie, ens. word benodig om die gebou ten volle operasioneel te maak.

Kontant-skenkings is ook welkom.

Alle skenkings kwalifiseer vir ’n 18A-belastingsertifikaat uitgereik deur Atterbury Trust, om dit belasting-aftrekbaar te maak.

As jy kan help, of meer wil weet oor Terugploeg, kontak vir Lood Bester by 082 925 1118 of Jani Doms by 076 313 7212 of epos hulle by [email protected] of [email protected]

Vir kontant-skenkings:

Rekening: Atterbury Trust
Nedbank: 1497004187
Takkode: 149745

of skenk op Atterbury Trust Donasiewinkel. Klik hier

Terugploeg-statistieke

Organisasies gehelp: 44

Kos geskenk: 125 ton

Etes bedien: 503000

 

Huidige skenkerslys

WeBuyCars

Vibro Bricks and Paving

Boela Bruwer Boerdery

Meletse Breeders

Fontis Ontwikkelaars

Morgan Group

Rossgro boerdery

CPJ Erasmus Boerdery

Mahela Boerdery

Miami Canners

ZZ2

GoGo Groep

Tiaan Kruger Boerdery

Eskort

Silverton Sign-A-Rama

Van Huyssteens Prokureurs

Velile Tinto & Associates

GROOTfm 90.5

Tusk Mieliemeel

LFC Mieliemeel

Afrikaans Hoër Seunsskool

Izak van Zyl

Marius Roothman

Easy Greens

Butler Foods

Solar Technik

SpyCCTV

LEDWorx

AA Electrical

DND Building & Civils

Universal Kitchens

D&E Reinforcing

Bankfontein Boerdery

Matla QS

DG Consulting

ELR

Palin & Smit Architects

Atterbury Property

Countryline

Life Landscape

FSG

Thabakolo

Controlled Irrigation

Daniel Rebel Landscape Architects

King Price

Verskeie individue

Ons bedank ook J.C. van der Linde Venter vir hul hulp en moeite met die bouprojek.