17 Julie 2019, 20:00 – 21:30

R160 – R180

 

Pieter- Dirk Uys gee perspektief oor die afgelope 40 jaar se “distress, disguise en disgust”: van apartheid tot “tripartite”, van amandla tot Nkandla, van Brexit tot Zexit. Pruike, brille, vingerwysers, toyi-yoyis, rooi barette, troefkaarte van gekheid, ikone en aikonas; van Bezuidenhouts, Raubenheimers, Ramaphosas tot Altzheimers.

In ‘n tyd wat ‘n informele groet of omhelsing gesien kan word as rassisties of teistering, is die advies eenvoudig: as jy twyfel sê “darling”. As jy nie ‘n naam kan onthou nie, sê net “Darling”. As jy verdwaal op pad na êrens, vra net vir “Darling”. Hy het dit gedoen en nou bly Pieter-Dirk Uys in Darling!

Sluit by hom, en baie ander darlings aan op ‘n opwindende tog tot by die rand van die krans waar die einde van die wêreld baie naby skyn te wees!

Tog te legendaries!

 

17 Julie 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater