Dis ‘n nuwe jaar, ’n nuwe jy, nuwe hoogtes wat bereik kanword en die tyd is min. 26 Januarie 2024 is om die draai. 

Droom jy van toneelspeel op ’n groot verhoog, op televisie, in‘nHollywood film of om te skitter agter ’n mikrofoon? Gee dieeerste tree op jou roemryke loopbaanen skryf nou vir die Proscenium dramakompetisiein!

Dit beloof om die ervaring van ’n leeftyd te wees. Ontmoet jou sepieheldein lewende lywe op die stel van Suidooster; skuif agter ’n mikrofoon in by RSG en hoor jou eie stem in ’n oorsese akteur se mond op ’n TV skerm in die oorklankingsateljee. 

En dis net jy! Jou talent, tegniese vermoënsen passieis al wat tel. Jy neem individueel deel en almal van graad 8 tot 12 kan inskryf. Alle amptelike tale welkom. 

Vir die uitdunronde gaan jy ’n gedig en ’n uittreksel uit ’n prosawerk van jou keusevoorberei. En dan ’n kort improvisasie doen (die onderwerp sal deur die beoordelaar gegee word). Na hierdie ronde sal die beoordelaars 60 deelnemers aanwys vir die volgende ronde.

In ronde een doen jy ’n uittreksel/monoloog uit ’n toneelstuk wat nie langer as 5 minute is nie. Die beoordelaars wys 30 deelnemers aan wat deurgaan na ronde twee. Daardoen jy weer jou gedig en uittreksel uit ’n prosawerk en 16 deelnemers word gekies. 

Ronde drieis die opwindende radio-oudisie by RSG se ateljees in Seepunt, die oorklankingsoudisie by OverklankAteljees en jy speel in ’n toneel op die stel van kykNET se sepie, Suidooster. Na hierdie ronde sal die beoordelaars 8 deelnemers aanwys vir dievierde en finaleronde.

Daarvoor voer jy ’n goed gebalanseerde programvan maksimum 12 minuteopmet klem op verskeidenheid en wisseling in aanbieding. Die program kan ’n sentrale tema hê en daar mag gebruik gemaak word van poësie, prosa, drama, sang, mimiek en kommentaar (skakelteks), indien nodig. Items uit vorige rondes mag gebruik word.

En as jy raad en leiding nodig het met die keuse van jou materiaal en/of voorbereiding, laat ons weet. Ons het professionelementors wat gereed staan om te ondersteun. 

Einde Februarie 2024 skop die uitdunrondes in verskeie sentra in al nege provinsies af, waarna die finaal van9 tot 11 Mei 2024 in Kunstekaap plaasvind.

Die hoogtepunt waarna finaliste die meeste kanuitsien, is om ingesluit te word in die geselskap van ’n professionele verhoogproduksie wat by drie kunstefeeste opgevoer gaan word. Die Toyota Woordfees, KKNK en die Suidoosterfees. Onder leiding van ’nbekenderegisseuren saam met jou gunsteling akteurs. 

Sertifikate, medaljes en kontantpryse is natuurlik ook op die spel, en RSG en kykNET kies uitblinkers uitdie finaliste om in ’n radiodrama te speel en ’ngasverskyning in ’n TV-sepie te maak. Overklank ateljees gaan ’n belowende finalis nooi om aan ’noorklankingsprojek deel te neem.

Boonop kan dieGraad 12-finaliste aansoek doen vir ’n WOW-studiebeurs aandie Universiteit Stellenbosch, endaar is ook ’nbeurs vir studie aan Northlink Kollegebeskikbaar. Hoe’s daai vir opwindende en waardevolle pryse?

Inskrywings word aanlyn by www.proscenium.pro gedoen. Inskrywingsfooie beloopR200en die sluitingsdatum is 26 Januarie 2024. 

Moenie hierdie onvergeetlike avontuurmisloop nie. Klop nou op jou ouer se skouer, of deel die webblad met jou drama-onderwyser by die skool of privaat klasseen sorg dat jou inskrywing ons teen 26 Januarie bereik!

Inskrywings: www.proscenium.pro
Navrae: [email protected]

Met trots ondersteun deur ons vennote: