3 November 2019, 15:00 – 17:30

R65 – R110

Die Nasionale Eisteddfod Showcase konserte het ontwikkel tot ’n kulturele hoogtepunt wat duidelik blyk uir al die uitverkoopte vertonings. By hierdie geleenthede is van die beste jong kunstenaars in Drama, Musiek en Dans te sien en ontvang dan ook toekennings.

Showcase datums by die Roodepoort Teater is as volg :

23 Oktober (Wes Gauteng – 18:00),

26 Oktober (Johannesburg Noord, Gr. 0 – 3 deelnemers – 15:00);

26 Oktober (Johannesburg Noord , Gr. 4 – 7 deelnemers – 19:00);

29 Oktober (Johannesburg Noord, Gr. 8 – Ope Afdeling – 18:00);

30 Oktober (Johannesburg Sentraal /Suid /Oos en Suid Gauteng – 18:00),

1 November (Johannesburg Noord, Gr. 0 – 3 deelnemers – 15:00);

1 November (Johannesburg Noord , Gr. 4 – 7 deelnemers – 19:00);

Besprekings vir al die Roodepoort Teater geleenthede is by Web Tickets. Pryse van R60 – R100.

Ander Teaters en sale:

Atterbury Teater : 3 November ( Noordelike Gebied – 15:00) Bespreek by www.itickets.co.za

18 Okt. Hoërskool Middelburg – 18:00 Kaartjies te koop by die deur.

25 Okt. Laerskool Bergland – 18:00 kaartjies te koop by die deur.

Die sukses van die National Eisteddfod Academy NPC die afgelope 21 jaar kan toegeskryf word aan die voortgaande geleenthede wat aan jong talentvolle leerders gebied word. Die belangrikste van hierdie projek is om selfbeeld and selfvertroue by die jeug te ontwikkel.

Alle ontvangers van diplomas tydens die 2019 Nasionale Eisteddfod kry ook die geleentheid om in te skryf vir die National Eisteddfod Awards kompetisie van Maart tot Mei 2020, waar jong kunstenaars kan meeding vir prysgeld van R50,000.

Vir verder inligting kontak die kantoor by 011 886 6005 / [email protected].

Kunstenaars: National Eisteddfod

 

3 November 2019, 15:00 – 17:30 – Atterburyteater