6 May, 20:00 – 21:10 

R140 – R160

Kort op die hakke van die wegholsukses van haar kabaret, “ Die hele boksemdaais”,wenner van vanjaar se Fiësta toekenning vir beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie, bring Amanda Strydom ter viering van haar sestigste verjaarsdag en 37 jaar op die verhoog, “ ’n Rugsak vol robyne” na die Atterbury teater.

Strydom is volksbesit. Sy is in 2012 vereer met die Erepenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir haar bydrae tot Afrikaanse musiek en in “ ’n Rugsak vol Robyne” sing sy liedjies uit haar groot repertoire,asook gunstelinge in Frans,Engels en Nederlands.

Sy weef die liedjies saam met gedigte en stories en soos altyd,bevat haar vertoning ’n gesonde mengsel humor en patos.

Strydom word begelei deur die talentvolle pianis Coenraad Rall.

Atterburyteater