Sangeres, nagtegaal en engelagtige stem – hierdie is maar net ‘n paar woorde om die ongelooflike Zita Pretorius te beskryf. Haar ongelooflike stemtalent as ‘n klassieke oorgangskunstenaar het regoor die wêreld lof verwerf en met verskeie plaaslike en internasionale lofbetuigings en toekennings, verdien sy die titel “musikale tour de force”.

Haar passie vir musiek het al op ‘n vroeë ouderdom begin en sy het al op 6-jarige ouderdom verskeie musiekinstrumente soos die klavier, kitaar, viool en tromme bemeester. Van al die instrumente het haar stem altyd voorkeur gekry en op 13 het sy met haar klassieke opleiding begin.

Haar toewyding vir haar kuns het in 2010 vrugte afgewerp toe sy as die algehele wenner in die Opera-kategorie van die Wêreldkampioenskappe van Performing Arts in Los Angeles benoem is, ‘n konsert waaraan 52 lande van regoor die wêreld deelgeneem het.

‘n Passie vir musiek en ‘n goedhartige, barmhartige natuur en betowerende vertonings is wat Zita Pretorius ‘n wêreldklaskunstenaar maak.

“Zita Pretorius goes Classics” sal die beste en mees geliefde opera, operette, Napolitaanse klassiek, kontemporêre klassieke musiek en goue oues vertoon.