11 April, 19:0020:00 

R150

Rooiberg Wines is die eerste wynlandgoed wat ons hierdie jaar sal kom vermaak. Ons sien graag uit na ’n wonderlike jaar vir die Atterbury Wynklub

Wie of wat is Rooiberg?

Rooiberg het sy 50ste verjaarsdag/bestaansjaar laas jaar gevier met ’n informele maar stylvolle gebeurtenis – waar die wynlandgoed se eerste Méthode Cap Classicque vrygestel is om ’n tradisie van groei, waarde en kreatiwiteit te vier.

Rooiberg se storie van 50 jaar is een van ’n groep wynplase wat langs drie riviere wat die Rooiberg Berg omring. Met die uitsondering van een (al langs die Klaas-Voogds Rivier) is hulle almal op die Vink-, Upper-Vink- en die Breede Rivier geleë

Hierdie geologiese kenmerke beteken dat die produksie-area van die wynlandgoed drie “Wine of Origin Wars” beslaan: Vinkrivier, Eilandia en Rooiberg. Dit veroorsaak ’n buitengewone gronddiversiteit wat in die wye spektrum van kwaliteit wyne bewys word – altyd met ’n waarde-waarborg.

Die klem op kwalitieitproduksie het toenemende eerbetone opgelewer soos die Top 10 Pinotage in 1997, 2003 en 2013. In 1996 was Rooiberg die eerste kelderprodusent om met ses dubbel goud medaljes by die Veritas-toekennings in een jaar te spog!

Die reuse rooi stoel wat in Desember 2012 opgerig is, is glo die grootste van sy soort in Afrika en trek vele toeriste na die moderne proe-kamer en die aangrensende Bodega de Vinho Restaurant.

Nooi you vriende en kollegas en kom geniet goeie geselskap en goeie wyn!

Atterburyteater