Die Atterbury Trust in assosiasie met die Everard Read Galery bied met trots John Meyer se lang verwagte Anglo-Boereoorlog skilderyreeks, Verlore In Stof, by Atterbury se nuutste ontwikkeling, The Club in Hazelwood, Pretoria, aan. Die werke bied ‘n boeiende en intieme insig in die lewe van individue wat in so ‘n oorlog opgevang word. Die skilderye verweef geskiedenis, verbeelding en narratief in ‘n veelvlakkige ruimte wat die tragedie van oorlog aanspreek. Die werke is terselfdertyd boeiend en delikaat in hul verkenning van kollektiewe en individuele emosie.

Meyer is geinspireer deur die deelname van sy voorouers, wat aan beide kante van die oorlog geveg het. Dit plaas hom in ‘n neutrale posisie om hierdie kollektiewe geskiedenis, wat verskillende standpunte en emosies verteenwoordig, te verken. Hierdie gegewe word geplaas teen die dramatiese agtergrond van die skoonheid van die uitgestrekte Suid-Afrikaanse landskap. In hierdie unieke reeks skilderye word Meyer se besondere talent vir sy verkenning van die landskap met ‘n boeiende narratief verbind.

“Slegs die dooies het die einde van die oorlog ervaar.” Plato.

Die uitstalling is John Meyer se 16de solo-uitstalling en is aanvanklik van 23 April tot Saterdag 24 Mei 2014 deur die Everard Read Gallery in CIRCA on Jellicoe in Johannesburg aangebied. Die versameling van vyftien groot-doek skilderye is oop vir die publiek vanaf Vrydag 6 Junie – Saterdag 28 Junie by The Club, hoek van Pinaster en 18de Straat, Hazelwood. Die skilderye gaan hierna by Investec se kantore in London uitgestal word.

[gdlr_button href=”https://atterburytrust.org/verlore-stof/” target=”_self” size=”medium” background=”#00438b” color=”#ffffff”]Sien al die skilderye[/gdlr_button]

[gdlr_button href=”https://atterburytrust.org/kultuur-galery/” target=”_self” size=”medium” background=”#00438b” color=”#ffffff”]Amptelike openingsaand galery[/gdlr_button]