7 Maart 2020, 11:00 – 12:30

R250

Vir die derde jaar word Nataniël se gewilde GESELS op Saterdagoggend 7 Maart by die Atterburyteater aangebied. En soos voorheen is hierdie jaar se GESELS splinternuut. Hy gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees. Hy vertel stories, vermaak en verras. Plesierig, skreeusnaaks en roerend, NATANIËL GESELS 2020 is ’n unieke ervaring. Hy gesels oor weerstand en aanvaarding, skok en reaksie, ouderdom en verjonging, die wêreld wat is en die wêreld wat moet.

Vrae kan vooraf anoniem in ’n houer geplaas word, Nataniel beantwoord soveel as wat die tyd toelaat.

Kaalkopwinkel in die foyer.

Geen kinders onder 15.

Kunstenaar: Nataniël

7 Maart 2020, 11:00 – 12:30 – Atterburyteater