16 Maart 2020, 20:00 – 21:30
17 Maart 2020, 20:00 – 21:30

R120

Kom geniet ’n aand van skouspelagtige musiek, dans en kleurvolle kostuums, met Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, ’n musiek blyspel gekomponeer deur Andrew Lloyd Webber met lirieke deur Tim Rice, opgevoer deur die talentvolle St. Alban’s College (met dansers van St. Mary’s DSG en Zoë Venter as die verteller ).

Hierdie produksie het die lig gesien in 1968 as ’n 15 minute kantate by ’n skool in Londen waar dit verskeie wysigings onder gaan het totdat dit ’n volskaalse musiek produksie in twee dele geword het wat geopen in West End in 1973. Dit het ’n draai deur die “off – Broadway “toneel area gemaak in 1981 tot by die Royal Theatre in Broadway in 1982. Dit was die eerste Musiek blyspel produksie van die Kmelaniomponis- Liriekskrywer vennootskap van Andrew Lloyd Webber en Tim Rice wat in die publiek aangebied is.

Dit is gebaseer op die bekende storie van Josef in die boek van Genesis. Deur sang en dans volg dit die storie van Josef, die lieflingseun van Jakob, van slawerny tot die tweede magtigste man in Egipte.

Kunstenaars: St Alban’s College (with Dancers from St Mary’s DSG and Zoë Venter as the Narrator)

16 Maart 2020, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater
17 Maart 2020, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater