26 Augustus 2019, 20:00 – 22:00

R260

Die Atterburyteater vier die begin van ’n nuwe era met die verwelkoming van die teater se heel eerste Steinway & Sons konsertvleuel. Dié instrument, wat spesiaal deur Steinway-kunstenaar Charl du Plessis en pianis Maythys Maree in Hamburg, Duitsland, uitgesoek is, verpersoonlik suiwer musikale voortreflikheid. Om hierdie nuwe seisoen in te lui, word ’n spesiale inwydingskonsert op Maandag 26 Augustus 2019 gehou met uitvoerings deur van die beste pianiste in Suid-Afrika.

Die program sluit in die virtuose 40 vingers van Charl du Plessis, Albie van Schalkwyk, Elna van der Merwe en Pieter Grobler wat gehore betower het met hul sensasionele uitvoering op Tafelberg in 2017. Die veelsydige pianis Matthys Maree en die 2017-wenner van die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie, Louis Nel, sal verdere luister aan hierdie unieke gebeurtenis verleen.

Kunstenaars: Charl du Plessis, Albie van Schalkwyk, Elna van der Merwe, Pieter Grobler, Matthys Maree en Louis Nel

26 Augustus 2019, 20:00 – 22:00 Atterburyteater