20 Maart 2019, 20:00 – 21:30
26 Maart 2019, 20:00 – 21:30  

R180 – R250

Die musiek van die legend Frank Sinatra word in 2019 na die verhoog  gebring deur die skouspelagtige Big Band internasionale vertoning  “Sinatra and Me” en die akteur en sanger, Richard Shelton wat reeds met vele toekennings bekroon is en beskryf word as een van die wêreld se beste vertolkers van Sinatra. Die vertoning kom direk van die West End en Los Angeles. Hy sal hier begelei word deur die Adam Howard 17 stuk Johannesburg Big Band.

Shelton sê die vertoning fokus op die wonderlike musiek en treffers van Sinatra soos, ‘I’ve Got You Under My Skin’, ‘Fly Me to the Moon’, ‘It Was a Very Good Year’ and ‘One For My Baby,’ ‘My Foolish Heart’ en vele meer. Hy is bekroon met die “Best Actor in a Leading Role” vir sy spel as Frank Sinatra in Rat Pack Confidential.

Op 20 Maart kry Suid Afrikaanse gehore die geleentheid  om van die betowerende momente in Sinatra se loopbaan te beleef en om die werêld se grootste Sinatra vertolker te geniet , ‘n onvergeetlike aand van stories, musiek en sang. Bespreek by iTickets.

Kunstenaar: Richard Shelton

 

20 Maart 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater
26 Maart 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater