25 Mei, 19:00 – 22:00

R140

Sheldon McCarthy bied met trots sy konsert: “Piano#17 ‘ op 25 Mei by die Atterbury Teater aan. Kom geniet 18 oorspronklike  komposisies met ’n vermaaklike atmosfeer want met meeste Klavierkonserte word die  gehoor gegroet met ’n buiging van die pianis, dan twee van ure van klavierspel en ’n buiging aan die einde , wat ’n bietjie vervelig kan word. Sheldon verkies egter vermaaklike  interaksie met die gehoor .

Hy is ’n 20 jarige pianis wat reeds op die jong ouderdom van 4 jaar begin speel het. Sy musiek word beskryf as “Magical”, “Inspiring “, “Captivating”  en “Breathtaking” . Sy vertoning bevat elemente van drama, vreugde, hartseer, vrede, liefde en pret. Daar is slegs een vertoning, dus as jy ’n liefhebber van musiek, klavier en selfs klassieke vermaak is, bespreek betyds.

Atterburyteater