Wees deel van dié rooitapyt-geleentheid wanneer die twee Sarie-kategoriewenners op 6 September aangekondig word. Ons onthul dan ook EKSKLUSIEF wie van dié twee op die voorblad van ons Oktober-uitgawe gaan wees. Optredes deur die sangers Joshua na die Reën, Corlea Botha en Joseph Clark, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak.

Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie sommer nou!

Atterbury teater, 6 September, 18:0019:30