“Die wag eenvoudig té was lank…ons kan nie anders as om met twee konserte in een naweek te open nie! En, as ons dan nou oopmaak, doen ons dit ordentlik: met beide Nataniël en Karen Zoid!” meen Jané Roets van Atterbury Teater.

Die teater open Saterdagoggend met Nataniël se gewilde GESELS en Sondag rol ons die tapyt uit vir Karen Zoid! Die teater sal teen die helfte van sy kapasiteit open (slegs 200 kaartjies per vertoning beskikbaar)

NATANIËL GESELS!

Ons gaan groot! Nataniël se gewilde GESELS open die teater op 3 Oktober! Hy bring ook sy immergewilde Kaalkop Winkel, so daar word nie terug gehou nie!

Hierdie jaar se GESELS is splinternuut! Soos altyd gesels hy met deernis, insig en humor. Jy gaan natuurlik kraai van die lag, maar hy gesels natuurlik ook oor gewigtiger onderwerpe soos aanvaardig, skok, ouderdom en verjonging. Hierdie produksie was slegs een keer in Maart by die Atterbury teater, maar word nou met selfs meer geesdrif en vreugde aangebied.

Die kersie op die koek is dat vrae vooraf annoniem in ‘n houer gegooi kan word en hy soveel moontlik daarvan gaan antwoord!

Datums: 3 Okt (sowe as 10, 17 & 24 Oktober)
Tyd: Teater open 10:00 (Kaalkop Winkel & veiligheidsprotokol)
Die produksie begin stiptelik om 11:00
Prys: R250
Ouderdomsbeperking: Geen o/15

Kaartjies by www.atterburytheatre.co.za

Alle veiligheidsmaatreëls en protokol is op die teater se webblad beskikbaar.

KAREN ZOID!

Karen hou haar eerste konsert (met ‘n gehoor) in byna 7 maande! Sy gaan natuurlik al die ‘stops pull’ en seker maak hierdie is ’n konsert wat mense nie gou sal vergeet nie. Daar is werklik nie ‘n beter manier om die teater se deure te open en om jou naweek af te sluit as hierdie onvergeetlike konsert nie!

Datum: 4 Okt
Tyd: 18:00
Prys: R300

Die teater tref alle nodige voorsorgmaatreëls. Alle gaste MOET maskers dra en sal die teater-protokol moet volg.

Slegs 200 kaartjies is beskikbaar, siende die teater op 50% kapasiteit mag open.