17 Februarie 2019, 17:00 – 18:30

R220 – R250

SONDAGKLAVIER is ’n spesiale, rare en eenmalige geleentheid om gewilde pianist Rocco de Villiers te hoor sonder agtergrondmusiek of orkes. Die program bring wat Rocco die beste doen – een klavier, een Rocco, een pak klere, baie gunstelinge – en soveel meer! Solo Rocco!

 

Met klavier alleen speel en gesels Rocco oor musiek – bekende, onbekende, nuwe, ou, vreemde, tranetrekkers, komiese en dan natuurlik ’n paar verrassings!

 

Moenie hierdie sielvolle geleentheid om musiek soos van ouds op Sondae te luister, mis nie.

 

17 Februarie 2019, 17:00 – 18:30 Atterburyteater