1 Oktober, 18:30 – 21:00 

R120

Hierdie is ’n verhaal wat handel oor ’n klein dorpie genaamd Eersterust, beter bekend as Poort, in die ooste van Pretoria. Poort is die enigste kleurling township in Pretoria. Dit is in 1963 gestig om die verspreide bevolking van kleurlinge te huisves wat onder dwang van plekke soos Marabastad, Lady Selborne, Eastwood, Claremont, Highlands and Booysens, verskuif is wat weer in 1958 opsygesit is vir slegs blankes as gevolg van die apartheidswetgewing. Vier vriende kom bymekaar om herinneringe op te roep oor hul kinderjare in Eersterust. Hulle onthou hoe Eersterus bestaan het, vanwaar die mense vandaan gekom het en hoe hulle ’n gemeenskap gevorm het wat menigte vandag nog hul tuiste noem. Die vertoning is ’n kombinasie van drama en sang.

Met: Eddie Malan, Branden Ismail, Danny Manuell, Errol Pillay, Quillon Lawrence, Leroy van Rooyen, Lesmay Daniels, Abigail Fairbank, Nathaneal Swarts, Duran Fisher, Dudley Diedericks, Charlie Visser, Benjamin Jacobs.

Atterburyteater