26 Oktober 2019, 20:00 – 21:30

R160 – R180

Met Ian Roberts, Dan Roberts, Rian Malan en orkes.

Die Radio Kalahari Orkes se musiek kom uit ’n diep gewortelde plek en gaan maak draaie by die Ghoema-, Latyns- en Africana-musiekstyle. As jy mooi luister, sal jy elke rusplek langs die grondpad aan sy optel-klanke herken!

Ons bring hulle na jou toe. Grondpadlangs. Met ’n wa-vrag vol ou akoestiese, stofbestande instrumente: kitare, ’n dobro, mondfluitjies, kontra-bas, trekklavier, gazoos en ’n legendariese ou Fender Telecaster. Uniek en outentiek.

Die orkes is in 2017 vereer met ’n FAK Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.

26 Oktober 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater