30 September 2019, 20:00 – 21:30

R180

Met Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee Band en Johrné van Huyssteen. 

Musiekregie deur Matthys Maree.

OPTOG! vier die moderne liedjies van die Afrikaanse folk-musiek genre met hierdie oorspronklike musiekproduksie!

Afrikaanse musiek het ’n lang pad gestap sedert die Voëlvry-beweging in die tagtigerjare. Koos Kombuis het baie myle gereis sedert daardie opspraakwekkende en betekenisvolle kampustoere wat “Afrikaans wou vry maak van sy verlede”.   Op hierdie verhoog kruis sy pad met die jongelinge, Herman Kleinhans en die Bottomless Coffee Band. Kortpad-reisigers. In ’n nuwe, moderne, teerpadplek. Maar net soos Koos destyds, is hulle besig om met musiek en liriek weer nuwe bakens en rigtingwysers langs ons landspaaie in te kap! Johrné van Huyssteen beman die verversingspos by hierdie besondere kruising. As lid van die destydse groep, dDisselblom, het hy ook wyd getoer.

“Ek weet hoe moeg mens raak wanneer jy ‘n liedjie oor die berg moet dra!”

Trots OPTOG!

30 September 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater