21 April 2018, 20:00 – 21:30
22 April 2018, 17:00 – 18:30

R140 – R160

Dawid Minnaar vertolk al die karakters uitmuntend – Momo, Ibrahim, straatvroue, sy ma en pa. Deur net sy hand effens anders te draai, sy stemtoon te lig of te verdiep, staan hierdie mense voor jou geestesoog. Jy drentel agter hulle aan en laat hulle moeilik agter.”

So lees Laetitia Pople se resensie na die 2017 vertonings. David Minnaar is boonop genomineer vir die Fiësta vir beste spel in n solo-vertoning en n KKNK- Kanna vir beste akteur. Die Joodse kwartier in Parys, 1960. Momo is ’n gekwelde Joodse seun wat ’n onwaarskynlike vriend vind in Monsieur Ibrahim, ’n eensame Moslem-winkelier. Momo se verhaal begin wanneer hy op 11 sy maagdelikheid in ’n bordeel verloor.

Ibrahim leer die seun daar is meer aan die lewe as prostitusie en kruideniersware steel. Ná die dood van Momo se pa, ’n aggressiewe man wat sy seun verwaarloos het, neem Ibrahim die kind aan. Hulle reis deur Europa na Monsieur Ibrahim se geboorteplek en dit bring hulle albei by ’n kruispad. Die belangrikste lesse oor lewe en dood in dié snaakse en voortreflike verhaal word geleer wanneer ons dit die minste verwag.

21 April 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater
22 April 2018, 17:00 – 18:30 Atterburyteater