17 Junie 2018, 16:00 – 17:30

R150 – R170

Die legend,Manuel Escorcia en die buitengewoon talentvolle Zita Pretorius, twee hoogs gerespekteerde solo kunstenaars bied vir slegs een aand hulle produksie, “Toeka en Nou” by die Atterbury Teater aan, met ’n unieke repertoire van bekoorlike solos en harmonieuse duette. Manuel en Zita beweeg met gemak tussen genres op ’n nostalgiese reis deur dekades, en deel met die gehoor gunstelinge wat die hart raak met sjarme, n tikkie humor en hemelse stemme.

Die vertoning bied alles – pragtige melodieë, nostalgiese lirieke en verwerkings wat jou hoendervleis sal gee. Beroemde ou liedjies en nuwe stories sal die gehoor betower en sal hierdie Vadersdag ’n genotvolle familie dag maak.

17 Junie 2018, 16:00 – 17:30 Atterburyteater