14 Augustus 2019, 20:00 – 21:30

R250

Louise Carver and Ard Matthews is twee van Suid Afrika se beste sangers/liedjieskrywers wie se stemme so perfek by mekaar pas, dat hulle saam gehoor moet word. Met omtrent 40 treffers tussen hulle gaan hierdie asemrowende vertoning gevul wees met musiek wat Suid Afrikaners ken en mal oor is.

Na hulle twee mekaar deur die musiek industrie vir baie jare geken het, het Carver vir Matthews gevra om saam met haar die jaarlikse Sunset Concert in die Weskaap te doen. Dit was so ’n betowerende vertoning dat hulle dit die volgende jaar moes herhaal en toe besluit het om dikwels saam op te tree.

Hierdie vertoning is ’n samevoeging van beide kunstenaars wat sing en speel op mekaar se liedjies. Hulle sal ook ’n paar “covers” in unieke styl aanbied. Louise Carver speel al klavier van sy twee jaar oud is en skryf liedjies vanaf elf jaar. Sy het alreeds 16 treffer gehad waarvan 4 internasionaal Nr 1 was. Sy is ook benoem as “Most stylish entertainer, Most Glamorous Woman en was ’n 46664 ambassadeur vir die Nelson Mandela Foundation. Sy het ook saam met Michael Buble by Kistenbosch opgetree.

Ard Matthews is al die afgelope 15 jaar een van SA se mees dinamiese kunstenaars wat mense oor die hele wêreld bekoor het. As leier van Just Jinger het sy ongelooflike lirieke en melodieuse verwerkings gelei tot die beste verkoper van alle tye van sy debuut album “All Comes Around” wat in die eerste jaar dubbel- platinum status bereik het.

Alhoewel hy nog deel is van Just Jinger doen hy gereeld solo vertonings. Sy nuuste album “Impossible Machines” het pas ’n toekenning van die South African Music Awards vir die “Best Adult Contemporary Album” ontvang.

Op 14 Augustus bied hulle saam ’n intieme akoestiese konsert aan wat nie alleen die meesterlike vertolking van hulle instrumente ten toon stel nie, maar vir die gehoor sal laat voel of hulle ’n private vertoning in hulle eie sitkamer kan geniet.

 

14 Augustus 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater