Is jou kookkunskreatiwiteit nog in sy winterhibernering vasgevang? Water jou mond by die gedagte aan ‘n vrolike gereg om die nuwe seisoen mee in te wy? Nataniël wys in Lentekombuis vir jou hoe om vinnige vrolike kos voor te berei wat jou gaste sal laat toustaan!

Tydens hierdie unieke kook-en-kletsgeleenthede staan hy letterlik op die verhoog en demonstreer eenvoudige dog smullekker geregte, terwyl hy die een spontane spitsvondigheid na die ander kwytraak.
Die resepte van die betrokke aand se seisoenkombuis is na die tyd in die voorportaal beskikbaar, en daarna ook op ons webwerf – deel dit met jou mense!

Lentekombuis vind op 10 Oktober plaas – sit blomme in jou hare en kom kuier saam!