9 Oktober 2019, 20:00 – 21:30

R160

Op 9 Oktober 2019 tree PEDRO BARBOSA by die Atterbury Teater in Pretoria op. Die vertoning, JOURNEY TO REBORN, is ’n storievertellende produksie van liedjies vanaf PEDRO se album, REBORN, en ook sy nuwe EP, JOURNEY TO REBORN wat op dieselfde dag vrygestel sal word.

PEDRO, wat onlangs tweede plek in die ‘Volwasse Kontemporêre’ kategorie by die Internasionale Liedjieskryf Kompetisie in die VSA behaal het, sowel as eerste plek in die ‘Sing Jou Hart Uit / Liefdesliedjies’ kategorie, beoog om ’n intieme atmosfeer vir die vertoning te skep. In plaas van net nog ’n normale vertoning, beplan hy ’n ervaring vir die gehoor om deur middel van respek en waarde hulde te bring aan sy musiek en die stories agter dit.

Die vertoning sal aanhangers vermaak deur hul op ’n reis te neem van oorspronklike liedjies in verskillende style van musiek, alles deur PEDRO self geskryf voor die vrystelling van sy eerste solo album, REBORN in 2018.

“Ek wil hê die gehoor moet ingetrek word deur die liedjies en die lirieke en voel asof hul saam met die musikante op die verhoog op ’n reis gaan. Die doel van die vertoning is om te inspireer en vir bywoners om die emosionele boodskap van die musiek te voel.” – sê PEDRO.

PEDRO sal aam met ’n groep van ses musikante optree: Mark Beling (Mean Mr Mustard) op kitaar en sang, Pedro Babosa op akoestiese kitaar, sang, ukulele en cavaquinho, Annie Curtin op dromme en sang, Adam Thomas op baskitaar en sang, en Roland Dyers op sleutelbord. Daar sal ook ’n perkussiespeler wees; ’n 16 jarige seun genaamd Stephan Rosenmeyer, saam met wie PEDRO al gewerk het vir verskeie vertonings wat die integrasie van Outisme in die samelewing ondersteun.

Die vertoning sal verskeie musiekgenres insluit onder andere volwasse kontemporêre musiek soos gehoor op REBORN, die EP JOURNEY TO REBORN, asook ander liedjies en musiek wat PEDRO al deur die jare geskryf het. Dit sal ook elemente van Latynse musiek, Rock, Soul, R&B, Funk- en meer bevat.

“REBORN het vir my die krag en vertroue gegee dat ek kan suksesvol wees in doen wat ek wil, en ek wil nou graag daardie gevoel met ander deel. Ek wil mense op ’n reis van liefde, vrees, krag, mislukking, self-evaluasie en prestasie neem, en ek wil hê hul moet die vertoning geïnspireerd verlaat.”

Kunstenaars: Mark Beling (Mean Mr Mustard), Pedro Barbosa, Adam Thomas, Roland Dyers en Stephan Rosenmeyer

 

9 Oktober 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater