5 September, 20:00 – 21:00

R150

Francois van Coke het roem verwerf as die ikoniese kunstenaar van die legendariese “rock bands” Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Op 8 April reik Francois sy debuut solo-album uit met die vrystelling van die aangrypende ballade van die jaar –Toe Vind Ek Jou saam met Karen Zoid. Sy tweede album –“Hierdie is die Lewe” word op 2 Februarie 2017 vrygestel. Saam met sy band “Die Gevaar”gaan hy ’n vertoning aanbied met, nie net liedjies van albei sy albums nie, maar ook van Van Coke Kartel en Fokofpolisiekar se treffers.
Francois van Coke het in sy loopbaan van 14 jaar reeds groot sukses behaal en word beskou as een van die pioniers van Afrikaanse rock.

 

5 September, 20:00 – 21:00 Atterburyteater