3 November 2018, 19:00 – 21:00

R150

Suzette Wilkens Produksies bied Saterdag 3 November om 19:00 ’n Lentekonsert in die Atterbury Teater in Pretoria aan.

Die Produksie heet Evergreen en bied voorwaar tydlose musiek aan.

Gunstelinge wat die toets van tyd deurstaan het en ons soliste Vita Wilkens (Sopraan), Chantall Brand(Alt), Dewald Grobler (Bariton), Johan Schlebusch (Bariton) en Marco Basson (Tenoor) se stemme uitstekend pas, word uitstekend aangebied.

Marco het verlede jaar aan “The Voice SA” deelgeneem en almal was in ekstase oor sy pragtige stem en voorkoms op die verhoog. Hy was onder die top tien en ons is baie trots daarop.

Met Marco is die volgende treffers ’n moet! The Great Pretender, Namakwaland, en natuurlik Bridge over troubled water saam met Johan.

Uit die opera-afdeling is die Nessun Dorma en die Drinklied uit La Traviata met Dewald en Vita so opwinded soos die liedere self.

Kyk hoe glinster die maan en ABBA se The winner takes it all word deur Chantall Brand getrou aan die styl gesing.

Die veelsydige Johan Schlebusch is op sy beste met Oh What a Beautiful morning (Oklahoma) en Fly me to the Moon.

Ons maak van uitstekende instrumentaliste gebruik en dus geen klankbane nie. Hulle is Ruan Kruyshaar (Klavier/Klawerbord), Armand Moolman (Orrel/Klawerbord), Charles Oliver (Tjello) en Ian Grewar (Viool).

Moet dit nie misloop nie! Koop vandag nog jou kaartjie!

Kaartjies vir die konsert kos R150 en is op Computicket beskikbaar.

3 November 2018, 19:00 – 21:00 Atterburyteater