10 November 2019, 15:00 – 17:00

R160

’n Musikale skouspel met Suzette Wilkens Produksies

Suzette Wilkens Produksies bied Sondag 10 November om 15:00 ’n konsert in die Atterbury Teater in Pretoria aan.

Die Produksie heet Evergreen en bied voorwaar tydlose musiek aan. Gunstelinge wat die toets van tyd deurstaan het en ons soliste Vita Wilkens (Sopraan), Schandry Kuhn (Alt), Dewald Grobler (Bariton), Johan Schlebusch (Bariton) en Marco Basson (Tenoor) se stemme uitstekend pas, word uitstekend aangebied.

Marco het verlede jaar aan “The Voice SA” deelgeneem en almal was in ekstase oor sy pragtige stem en voorkoms op die verhoog. Hy was onder die top tien en ons is baie trots daarop. Met Marco is die volgende treffers ’n moet! The Great Pretender, Namakwaland, en natuurlik Bridge over troubled water saam met Johan. Uit die opera-afdeling is die Nessun Dorma met Dewald en Vita so opwinded soos die lied self.

Part of your world(The Little Mermaid) en Another suitcase in another hall(Evita) word deur Schandry getrou aan die styl gesing. Die veelsydige Johan Schlebusch is op sy beste met C’est Moi en When I fall in love.

Ons maak van uitstekende instrumentaliste gebruik en dus geen klankbane nie. Hulle is Ruan Kruyshaar (Klavier/Klawerbord), Christelle Engelbrecht (Orrel/Klawerbord), Prof Kobus van der Walt (Baskitaar) en Johan Erasmus (Dromme).

Moet dit nie misloop nie! Koop vandag nog jou kaartjie! Kaartjies vir die konsert kos R160 en is op iTickets beskikbaar.

Kunstenaars: Vita Wilkens (Sopraan), Schandry Kuhn (Alt), Dewald Grobler (Bariton), Johan Schlebusch (Bariton), Marco Basson (Tenoor), Ruan Kruyshaar (Klavier/Klawerbord), Christelle Engelbrecht (Orrel/Klawerbord), Prof Kobus van der Walt (Baskitaar) en Johan Erasmus(Dromme).

 

10 November 2019, 15:00 – 17:00 – Atterburyteater