13 September 2018, 20:00 – 22:00

R160 – R200

David’s Confession word beskou as een van die groot deurbrake in die geskiedenis van Suid Afrikaanse Rock Musiek. Die musiek en produksie het die afgelope 20 jaar ’n groot kultus  gevolg opgebou. Die CD David’s Confession- About Time, het ’n gesogte versamelstuk geword en sal dan ook by die vertoning in September beskikbaar wees – een van die min werklike progressiewe rock CD’s van die negentiger jare.

Mel Botes sal van die beste musikante uitsoek om hierdie musiek tot sy reg te laat kom. Sy benadering en interpretasie getuig van insig en passie en sy musiek is verfrissend , suiwer en opwindend. Dit is soos ’n enorme oseaan , met tye vasgevang in die energie van die woede van die storm om dan weer terug te keer na die kalmte en vreedsame rustigheid of soos ’n  aangrypende skildery met baie nuanses; uniek, delikaat en kompleks, geinspireer deur rou, intense emosie.

13 September 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater