Nianell, Vivace Guitar Duo en Helena Ceronio sal in ‘n Lente Soiree te sien wees ten bate van Chrysalis Kleuterskool in Lynnwood.  Tydens die oggendvertoning kan gaste uitsien na sportpryse, geskenkpakkies en ‘n kontant-koffiekroeg wat sal bydra tot ‘n wonderlike oggend.

Chrysalis Kleuterskool was in 2008 gestig  as gevolg van die behoefte wat “Baby Therapy” sentrum geïdentifiseer het. Die kleuterskool voorsien aangepaste onderrig  en intensiewe terapie aan kinders met ‘n verskeidenheid van gestremdhede tussen die ouderdom van 3 tot 6 jaar. ‘n Stimulasie sentrum vir ernstige gestremde kinders tot en met die ouderdom van 9 jaar word ook gehelp as die fondse dit toelaat.  ‘n Uitreikprogram na Eersterust stel hul in staat om hul kennis en programme met ‘n Outistiese eenheid te deel met kinders in minderbevoorregte families wat sosio-ekonomiese uitdagings het, sal bevoordeel. Besoek gerus hul webtuiste by http://www.chrysalispreschool.org.za vir meer inligting.

Om the bespreek, stuur asseblief ‘n epos aan [email protected]  of bel 084 569 3700