29 Mei 2019, 20:00 – 21:30

R200 – R220

Klassiek, wêreld-fusie en instrumentale “pop” met stem.

Beide Chris Chameleon & CH2 is bekend daarvoor dat hulle dikwels die grense van hul genres toets, sodat hul gehore altyd iets nuuts en verrassend te wagte kan wees!

Chris Chameleon se briljante stemgebruik en magnetiese verhoogpersoonlikheid kombineer met die vernuftige kitaarspel en musikale vuurwerke van CH2 se fusion-styl met Spaans-Latynse-Afrika-ritmes en sommer lekker Afrikaans. ’n Groot verrassing van hierdie samewerking is dat Chris Chameleon teks en melodie byvoeg tot die dinamiese oorspronklike werk van CH2 om tot die skepping van splinternuwe liede te lei.

Ch2 skep op hulle beurt weer verwerkings van Chris se grootste treffers om ’n vertoning uit die boonste rakke en van internasionale gehalte aan te bied.

Kunstenaars: Chris Chameleon, CH2

 

29 Mei 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater