12 Augustus 2018, 17:00 – 18:30

R160 – R180

Die tyd is nou vir die kleurvolle spektrum om hande te vat ten behoewe van heling en ‘n toekoms van positiwiteit en vooruitgang.

Watter beter medium dan deur musiek wat sedert die begin van tye die wyse van uiting is tydens groot lewenservarings – van hartseer tot feesviering.

Twee van Suid-Afrika se top musiekgroepe wie beide vele toekennings ingepalm het insluitende SAMA’s nl CH2 & SSQ (Soweto String Quartet) het besluit om saam te span en ‘n vertoning te skep oor ‘n kleurvolle spektrum heen met ‘n CD wat daarby aansluit om sodoende ‘n bydrae te lewer vir ‘n toekoms met meer vreugde! Met David Klassen op dromme.

12 Augustus 2018, 17:00 – 18:30 Atterburyteater