Die gaskunstenaars vir BoekBohaai 2016 is soos volg: Chris Chameleon, Erik Holm, Deborah Steinmar en Joshua na die Reën.
Erik Holm sal ‘n voorlesing doen uit “Vlam in die sneeu” en ook dialoog uit die verhoogstuk “Plant vir my ‘n boom André.” Deborah Steinmar vertel van haar navorsing om die verhoogstuk te skryf.Chris Chameleon en Joshua na die Reën sal sorg vir die musiek. Chris Chameleon sing Ingrid Jonker verwerkings en Joshua na die Reën sing van sy nuutste en geliefde musiek.
BoekBohaai vorm deel van die BoekeJolfees wat jaarliks in Pretoria gehou word.