23 April, 20:00 – 21:30 

R140 – R160

Gedurende sy loopbaan as die hoofsanger van Springbok Nude Girls en toe as ’n solo kunstenaar, het Arno Carstens reeds 10 studio albums vrygestel : 5 daarvan as hoofsanger van Springbok Nude Girls, 1 as The Electronica Project Bhelltower en 4 as ’n solo kunstenaar.

Arno Carstens se eerste Afrikaanse album “Die Aandblom 13” sal in Julie 2016 vrygestel word.

“Ek het vir die afgelope 22 jaar Engelse rock musiek geskryf en opgevoer, so dis ’n buitengewone maar opwindende ervaring om iets wat ek so goed ken, in ’n totale nuwe manier te herontdek. Dit is met groot graagte dat ek aan julle my eerste Afrikaanse EP bekendstel as ’n inleiding tot die vollengte album wat binnekort in middel 2016 beskikbaar sal wees.

So kom deel met my asseblief, hierdie spesiale aand by die Atterbury Teater vir ietsie ouds, ietsie bekend, en iets heeltemal nuut.” Arno Carstens

Atterburyteater