Amanda Strydom het vanjaar die Fiësta-toekenning vir die beste optrede in ‘n musiekgedrewe produksie vir “Die hele boksemdaais ” gewen en sy is op 9 September met die hoogste eer van die ATKV bekroon, die Prestigeprys, vir haar bydrae tot Afrikaans.
Sy word begelei deur Coenraad Rall en saam reis hulle deur Strydom se lewe en loopbaan met humor en patos .