Die Chrysalis Kleuterskool gaan ‘n fondsinsamelingskonsert hou om fondse in te samel vir hul kleuterskoolkinders met spesiale behoeftes. Die konsert is in die vorm van ‘n “Spring Soirée”, wat ‘n hele sterbelaaide program van top musikale kunstenaars wat hul talente vir die oggend skenk, sal vertoon.

Die “Klofies Arco Musicum” (die uitstekende Hoërskool Waterkloof Stryk Ensemble) sal die vertoning afskop en die gehoor vermaak met ‘n medley van items.

Pierre Tolsma op fluit en Annalien Ball op klavier is lede van die “Magical Flutes” trio waarvan die opwindende program tradisionele stukke deur Clarke, Shocker, Cole, Daughterty, Doppler, Delibes en Fürstenau, sal bevat.

Jonathan Moolman is a lid van die populêre “Vivace Guitar Duo”. Hy sal ‘n solo-optrede lewer met ‘n verskeidenheid van asemrowende klassieke items in tipiese top klas Vivace-styl.

A3X, the welbekende Adri Naude-Scholtz, violis in populêre Pop, Komtemporêre en Klassieke oorkruisinging, sal die gehoor op hul tone hou met haar opgewekte repertoire.

Atterbury teater, 31 Augustus, 09:3011:30