15 Junie, 20:00 – 21:30
16 Junie, 20:00 – 21:30
17 Junie, 20:00 – 21:30

R140

Ná die sukses van verlede jaar se Schalk Bezuidenhout Lewendig se twee uitverkoopte vertonings in die Atterburyteater is dié krulkopkomediant met sy truitjies en skerp tong terug met ’n splinternuwe vertoning. Want of Schalk nou besig is om meisies op Die kliek te vergesel op romantiese uitstappies, die geliefde Danny vertolk in Hotel of vlymskerp waarnemings deel in Jou nuusminuut, een ding is ’n feit: Schalk Bezuidenhout laat mense skaterlag. Kom kyk hoe hy die draak steek met homself, onsself en hoe hy al wat heilige koei is na die slagpale lei. Bespreek gou, die kaartjies gaan vlieg nog voor jy kan sê “My goeie voksbesit!” (Let wel: Dit is dieselfde vertoning wat in Maart vanjaar as Die Snorseun by die Atterburyteater opgevoer was.)

15 Junie – Atterburyteater
16 Junie – Atterburyteater
17 Junie – Atterburyteater